Kleintyd se Plaatkoekies

2014-05-15 07.22.55

Bestanddele:

2k Meel

3/4k suiker

3t bakpoeier

3 eiers

1k melk

2E gesmelde botter

Maak ongeveer 16 plaatkoekies

Meng al die bestanddele saam. Gooi van die deeg op n warm pan. wanneer klein lug borreltjies op die bokant van die plaatkoekie vorm, dan weet jy hy’s reg om omgedop te word. Om en by 1.5 – 2 minute aan n kant.

Stowe 2 vars pere of 1 blikkie pere saam ñ handvol rosyne, 2E botter en 2E gouestroop of heuning vir 5 minute. Smeer 3 plaatkoekies met botter en sit saam warm vrugte voor. Wat n womderlike ontbyt!