Spaanse-styl geroosterde groente

Geroosterde groente vir aandete kan ’n bietjie eentonig raak ten tye. Hier  is geroosterde groente, Spaanse-styl. Baie lekker en  ek belowe julle mans sal daarvan hou.

Bestanddele: genoeg vir 4-6 mense

1 middelslag botterskorsie, in blokkies gesny

2 rooi pepers, in repies

2 groen pepers, in repies

1 ui, in kwarte

4 tamaties, in kwarte

25ml olyf olie

125ml soet witwyn

Roosmaryn, sout en peper na smaak

½ K olywe is opsioneel

Sny en kap alles op, meng en gooi in die casserole bak, voeg wyn, olie en ’n handjie vol bruinsuiker, sout, peper en roosmaryn by. Meng weer en sit in die oond vir 45min – 1uur teen 200°C .

Lekker eet!