Hemelse kaas brood

My ma het baie hierdie brood gebak as ons

gebraai het, dis vinnig en baie smaakvol!

Bestanddele:

Lewer een brood

500g bruismeel

500ml karringmelk

5ml sout

375ml gerasperde cheddar

1t gedroogde pietersielie

5ml mosterd poeier

5ml Aromat

½ pakkie dik wit uiesop

Metode:

Meng al die bestanddele saam 1k kaas. Gooi in ’n broodpan. Strooi die res van die kaas bo-oor en bak in ’n voorverhitte oond van 190°C vir 45min. Wag totdat die brood afgekoel het voordat hy uitgekeer word. Hy moet heeltemal op kamertemperatuur wees voordat hy voorgesit word. Bedien saam botter.