Baba aartappels in mosterd en tiemie

Hierdie bykos is perfek vir ’n braai of spesiale geleentheid.

Bestanddele:

Lewer 6 porsies

700g baba aartappels

60ml olyfolie

45ml botter

1ui, fyn gekap (rooi ui lyk baie mooi)

4 knoffelhuisies, gekap

2.5-5ml tiemie

Sout en peper

80ml korrel mosterd (of gebottelde korrelmosterd)

Metode:

Kook aartappels tot sag, dreineer en halveer. Verhit olie en botter in ’n pot en voeg uie, knoffel en tiemie by, roerbraai op lae hitte tot gaar. Voeg aartappels by en braai vir so 5min. Voeg sout, peper en mosterd by, meng goed en verwyder van stoof. Sit warm voor.