Vanielje sjokolade kolwyntjies

 1k suiker

1 eier

2k meel

2t bakpoeier

1k melk

1/4k gesmelde botter

2 1/2t vanieljegeursel

85g sjokolade (ek het Heaven se Cafe Late Truffel gebruik)

klop die suiker en eier goed saam en voeg melk by. Smelt die bottel en vanielje geursel in die bikrogolfoond. Meng die mel en bakpoeier en roer geleidelik die melkmengsel by. Sodra alles deeglik gemeng is voeg jy die botter mengsel by. Maak die kolwyntjie holtes 2/3 vol en bak teen 190°C vir 20-30min. afhangend van jou oond.

Lewer 6 groot of 12 klein kolwyntjies.

‘Like’ die resep inskrywing en los ’n kommentaar oor jou kook ervaring as jy van die dis gehou het!