Meer oor my!

Welkom  by Bak en Brou!

 Hier sal julle ’n versameling van my gunsteling disse sedert my kleintyd, asook resepte uit kookboeke na aan my hart en natuurlik baie van my eie bak en brou skepsels vind. Nadat ek en my man alreeds ’n baie suksesvolle blog op die been gebring het nl. Vry Afrikaner, het ek so ’n rukkie terug besluit dat dit tyd is vir my eie kos blog in Afrikaans. Die redes wat tot hierdie besluit gely het was eerstens, dat ek altyd op Amerikaanse webwerwe afkom wanneer ook al ek ’n sekere dis Google en konstant die afmetings moet herlei na gram of milliliters. Die tweede rede is dat ek altyd resepte verloor, moeg raak om deur boeke te blaai of om dokumente op my rekenaar te stoor. Die gevolge was Bak en Brou, ’n Afrikaanse kos blog wat ’n versameling is van al my gunsteling en eie disse op een plek.

 Ek is nie ’n chef nie, net mal oor kosmaak. Geniet my blog, probeer die resepte en los ’n kommentaar of hou van my bydraes. As dit ’n flop in my kombuis was kan ek jul belowe ek sou dit nie hierop plaas nie, so geniet dit!