Ma se Bobotie

Hierdie resep het my ma vir my geskenk toe ek haar eendag uit Engeland gebel het en verlang het na haar kookkos.

 

Bestanddele:

2 uie

30ml olie

2t
knoffel

500g maalvleis

1koppie gerasperde appel

15ml kerry poeier

5ml koljander

2.5ml gemmer

2.5ml gemengde kruie

5ml borrie

2.5ml kaneel

10ml suiker

5ml sout

1ml peper

2 snye brood

2 Eiers

250ml melk (of 125g melk en 125g room)

Metode:

Braai die uie en knoffel en voeg die vleis. voeg dan die res van die bestanddele by en kook tot gaar. in tussen tyd week jy die twee snye brood in water.  Pers die brood saam totdat daar geen water meer uitdrup nie, krummel en voeg by die vleis mengsel.

plaas die vleis mengsel in n oondvaste bak en versprei eweredig. druk die mengsel plat en giet die eiervla bo-oor. bak in die oond vir sowat 35min. Teen 190°C tot ligbruin. Sit voor op geel reis en rosyne en bedien saam  met blatjang, klapper en piesang.

Smaaklike ete!

‘Like’ die resep inskrywing en los ’n kommentaar oor jou kook ervaring as jy van die dis gehou het!