Sjokolade en marie beskuitjie- fudge

My ouma het dit altyd vir ons gemaak toe ons klein was. Het dit nou die dag vir die eerste keer gemaak en dis ’n absolute wenner!

Bestanddele:

250g margarien

2 eetlepels kakao

1pak versiersuiker (500g gesif)

2 eiers

125ml klapper

1t vanieljegeursel

125ml pekanneute (opsioneel)

1 ⅓ pakkie Marie beskuitjies gebreek

 

Metode:

Smelt margarien in ’n kastrol en sif kakao en versiersuiker daarby. Laat afkoel. Klits 2 eiers en roer by mengsel. Sit terug op stoof en laat bietjie kook .Maak die pekanneute baie fyn in ’n stamper en vysel. Voeg 1t vanieljegeursel, neute en ½ K klapper by. Haal van die stoof af en voeg gebreekte beskuitjies by. Sit mengsel in ’n pan wat gespuit is, laat afkoel en sit in die yskas tot gestol.

About these ads